Toepolef Tu-95

Toepolef Tu-95
'n Tu-95MS Bear H RF-94130 vlieg langs Skotland in 2014
Tipe Strategiese bomwerper, missieldraer en maritieme patrollievliegtuig
Vervaardiger Toepolef
Nooiensvlug 12 November 1952
Vrygestel 1956
Onttrek 1990
Status Aktiewe diens
Hoofgebruikers Sowjetlugmag
Sowjetvloot
Russiese Lugmag
Vervaardig 1952-1994
Aantal gebou 500+
Weergawes Toepolef Tu-114 passasiersvliegtuig
Toepolef Tu-142 maritieme patrollie
Toepolef Tu-95LAL kernaangedrewe.

Die Toepolef Tu-95 (Russies: Туполев Ту-95; NAVO verslagdoeningsnaam: "Bear") is 'n groot, viermotorige turboskroef-aangedrewe strategiese bomwerper en missielplatform. Die Tu-95 se nooiensvlug was in 1952, betree diens met die Sowjetunie in 1956 en daar word verwag dat dit tot minstens 2040 in die Russiese Lugmag sal dien.[1] 'n Ontwikkeling uit die bomwerper vir maritieme patrollie word aangewys as Tu-142, terwyl 'n passasiersafgeleide bekend is as die Toepolef Tu-114.

Die vliegtuig het vier Kuznetsov NK-12-enjins, elk met twee stelle teen-roterende skroewe. Dit is die enigste skroefaangedrewe strategiese bomwerper wat vandag nog in operasionele gebruik is. Die punte van die skroefblaaie beweeg vinniger as die spoed van klank, wat dit een van die luidrugtigste militêre vliegtuie maak.[2] Sy kenmerkende teruggeswiepde vlerke is teen 'n hoek van 35° geplaas.

  1. Kramnik, Ilya. "Оружие: Возвращение летающего медведя (Afrikaans: Terugkeer van die vlieënde beer"), (in Russies). Lenta.ru 19 Julie 2007. URL besoek op 5 Junie 2010.
  2. "Russian Bear is back" Russia Today via youtube.com 24 September 2007. URL besoek op 23 Januarie 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy